Versoening en Restourasie

OPENING OF THE WELLS

Gedurende Maart 2009 het ek en Retha in opdrag en leiding van die Heilige Gees na die Wes-Kus vertrek: Ons fokus was sendingstasies wat deur die arbeid van ons land se eerste sendelinge tot stand gekom het. Hierdie sendelinge het vanuit verskeie wêreld dele gekom en hul lewens hier op Suid-Afrikaanse bodem kom neerlê. Hulle het met die planting van die evangelie van Jesus Christus ’n fontein van geestelike lewe kom open. Daardeur het hulle ook die onverganklike saad van redding hier kom saai, en is dit ons oortuiging dat hierdie saad nog nie in sy volheid ontkiem het nie. sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons. “(1Pet 1:4)

 “...so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.” (Jes. 55:11) Die HERE se woord kan nooit onproduktief wees nie, dit moet verandering bring daar waar dit in waarheid gepreek word. Hierdie vorige sendelinge het duidelik Jesus bo hul eie lewens lief gehad, want geen mens gaan sulke ontberings deur sonder dat hulle gedring word deur passie en liefde vir ’n saak nie. Dit was dit ons tydens ons besoeke gesien het, die werk het voortgegaan en is daar nog by die meeste van hierdie sendingstasies waters wat vloei. 

 Alhoewel die waters op sommige plekke tot stilstand gekom en troebel geraak het weens tradisies en godsdienstighede, was daar by al hierdie plekke tog tekens van ’n erfenis wat manne soos George Schmidt en die Morawiese Sending, agter gelaat het. Ons was by al hierdie stasies met oop harte ontvang en moes dikwels hoor: “Die HERE het julle gestuur.” Die doel van ons besoeke was om die harte van die inwoners van hierdie sendingstasies weer vir gebed oop te kry. Die grondslag van die Morawiese Sending was 24/7 gebed en is hulle die fondasie van al die wêreldwye gebedswake en aksies en gaan die Heilige Gees weer hierdie gebed vlam aansteek. Dit was met hierdie as motivering wat ons die taak aangepak het. 

 

SENDING STASIES AANGEDOEN


1.    Suurbraak: Hierdie was die eerste sending stasie waar ons aangedoen het en was verras deur die netheid en orde wat ons hier aangetref het. Suurbraak was soos al die ander ’n plek waar die tyd stil gestaan het. In hierdie pragtige dorpie met sy netjies rye huisies en goed bewaarde kerk geboue, is daar nog mense wat met perde ploeg. Suurbraak is geleë 19 kilometer vanaf Swellendam aan die voet van die Langeberge en was gedurende 1812 deur die Londen Mission Society begin. Tans is die VGK die kerk met invloed daar en het nie ’n dienende herder nie. Marry-Anne, die kerk sekretaris neem die leiding waar. Hierdie opgewonde suster sê hulle kom goed klaar sonder ’n voltydse herder en nooi sy besoekende predikers om dienste daar te hou. Sy sê hulle beleef herlewing daar en met ons besoek was hulle reeds klaar met ’n gesamentlike kerk diens waarby verskeie kerke van Suurbraak teenwoordig was. Ons is besig met ’n opvolg besoek en sal gedurende Mei 2009 ’n bekendstelling van die boek “God se Eindtyd Profetiese Plan met die Bruin Mense van Suider-Afrika” geskryf deur Retha en versoening byeenkoms daar hou. Die harte is oop en sien ons ’n fontein wat aan die oopgaan is. 

2.     Koekenaap: (Khoi vir: Waar die ram geval het) Alhoewel hierdie nie ’n sendingstasie was nie, het ons ons eerste byeenkoms hier gehad. Retha het een oggend ’n groep dames’ bedien en daar was daar min droë oë daarna te bespeur. Daarna was ons in die AGS Kerkgebou en het ’n geseënde versoening byeenkoms saam met ongeveer 30 Khoi’s en verskeie pastore gehad.

 

3.    Rietpoort: Geleë 28 kilometer vanaf Bitterfontein in die Namaqualand streek lê hierdie Roomse Katolieke Sendingstasie. Vader Wilhelmus Thijssen is daar in beheer en by beheer, bedoel ek in beheer. Die inwoners wat in netjiese, maar armoedige omstandighede woon, mag nie ander kerke besoek of na oorgaan nie, want dan gaan die Vader hulle nie begrawe nie. Hulle leef dus in vrees en afhanklikheid van hierdie man. Ondanks dit het ons ’n gemoedelikheid in hom ervaar en het ons lekker gesprek gevoer. Hy is nie wedergebore nie en is dit ons oortuiging dat die fontein wat moet oopgaan in Rietpoort, in sy hart moet oopgaan. Hierdie Roomse Katolieke Priester het egter laat weet hy stel nie belang in enige versoening byeenkoms nie. Laat ons nie nalaat om vir hom te bid nie!

 

4.    Reg langs Rietpoort: Lê ’n gemeenskappie wat onder die herderlike versorging van die VGK is. Ds. Sean Esterhuizen is die herder en werk vanaf Nuwerus. Hierdie vriendelike man het onderneem om saam te werk en behulpsaam te wees tydens ’n versoening byeenkoms op Rietpoort. Die Heilige Gees moet net nog tot Vader Thijssen deurdring, maar ongeag hiervan gaan ons voort om deur Ds. Esterhuizen ’n byeenkoms op die naas dorpie te reël. Hierdie gemeenskap is klein en vertrou ons dat hierdie mense uit sal reik na hulle Katolieke bure. Ons vertrou dat hulle die visie van gebed sal sien en omhels.

 

5.    Papendorp: Hierdie klein gemeenskap kyk uit oor die Olifants rivier waar dit is die see uitmond. Hierdie arm gemeenskap voer ’n bestaan uit die vang en droogmaak van die harder vis (bokkoms) Hier is geen kerk nie en staan die vervalle oorspronklike kerkgebou as teken van ’n fontein wat opgedroog het. Ons het hier ’n blanke gesin ontdek wat beweer hulle die geestelike leiers van Papendorp is. Hierdie armoedige gesin se lewens omstandighede getuig ook van ’n put sonder water. Papendorp val onder die naburige Ebenhaeser wat deur die VGK bedien word. Die afstande is egter vêr en met geen vervoer, kom hierdie mense selde in ‘n kerk. Gelukkig word Papendorp herderlik deur die Ebenhaeser se VGK versorg en sal ons hulle ook langs hierdie weg kan bereik.

 

6.    Ebenhaeser: Geleë 55km vanaf Vredendal op die walle van die Olifantsrivier, is hierdie eertydse NG Sendingstasie ’n toonbeeld van ’n geordende en gelukkige gemeenskap. Ds. Klaas Keffers is die VGK herder en ook die grootste kerkgemeenskap daar. Ons het die Sondag oggend voor die diens daar aangemeld en die Kerkraad ontmoet. Die harte van die meeste was mooi en wou hulle die oggenddiens aan ons afstaan, maar het besluit om ons eerder die middag om 15h00 aan te hoor. Ds. Keffers het ons met ’n oop hart ontvang en aan die gemeente voorgestel. Na ons aanbieding het die sowat 80 teenwoordiges hande gevat en was hierdie ons eerste gesamentlike gebed byeenkoms in Namaqualand.

 

7.    Van Rhynsdorp: Vanuit hierdie klein dorpie het alles begin. Van Rhynsdorp was die eerste sendingstasie aan die Wes-Kus en vanuit hierdie het verskeie ander sendingstasies ontstaan. Eers bekend as Tru trôe (Khoi vir: Droë plek) was dit die eerste plek van aanbidding, die plek waar die eerste dienste, bidure en samekomste gehou was, deur ’n sendeling Henning gedurende 1751 gebou. Henning was ’n dissipel van George Schmidt van die Morawiese Sending wat Genadendal gestig het. Tru trôe het ook as oornag plek vir reisende sendelinge die binneland in gedien.

 

Die eerste geregistreerde eienaar van Tru trôe was ’n kleinkind van Hendrik Coenraad Venter, die stamvader van die Venters. Wat ’n groot ontdekking was dit nie vir my nie. Hier sit ek in die plek waar sending begin het en dit het aan ’n voorouer van my behoort. Die woonhuis behoort tans aan Christo Paulsen, die kurator van die museum op die dorp, wat ook ’n afstammeling is van die Van Rhyns na wie die dorpie later vernoem is. Die huis met die naam “Het Gesticht” was ook die geveg hoofkwartier van Gen. Jan Smuts en later as Polisie stasie en magistraat kantoor gebruik. Hierdie wonderlike plek is dus baie strategies en spreek van gesag in die gees wêreld.

 

Ons het ’n geseënde tyd van gebed en intersessie daar gehad en selfs die kurator het saam gebid. Saam met ons was Renette Louw wat ook ’n direkte afstammeling van die Van Rhyns is. Voor die HERE het ons dus gesamentlik ’n posisie van gesag oor die moeder oog van sending in Suid-Afrika, gehad en weet ons dat daar ’n kragtige fontein geopen is. Op 8 Mei 2009 hou ons ’n gesamentlike versoening byeenkoms in die gemeenskapsaal van die Bruin gebied. Hierdie is seker die belangrikste byeenkoms aangesien dit verskeie ander sendingstasies sal raak.

 

8.    Vredendal: Alhoewel nie ’n vorige sendingstasie nie, is Vredendal van strategiese belang. Dit was hier waar ’n destydse goewerneur van die Kaap ’n versoening tussen twee strydende Khoi faksies bewerk het – daarvandaan die naam “Vredendal.” Hierdie is ’n plek waar vrede gesluit sal word en val die meeste sendingstasies onder hierdie Munisipale gesag. Namaqualand Radio word beman deur Pastoor Rieckert Botha van die Baptiste Kerk op Vredendal. Ons het die radio stasie een oggend op die ingewing van die oomblik besoek en hom daar ontmoet. Iemand het die dag te vore die boek “God se Eindtyd Profetiese Plan vir die Bruin Mense van Suider-Afrika” aan hom oorhandig en wou hy weet waar hy ook hierdie boek kon kry. Groot was sy verbasing toe die skrywer die oggend voor hom sit en ’n boek aan hom oorhandig. Hy het met Retha ’n onderhoud gevoer en het ons wye dekking en bekendstelling in die Wes-Kus geniet. Ons het daarna met hom ’n sinvolle gesprek in die pastorie gehad. Hul gemeente werk die afgelope 3 jaar onder die bruin plaaswerkers sonder enige sukses. Ons kon baie van sy vrae beantwoord en het hy het ons uitgenooi om die aand van 10 Mei 2009 in sy kerk te kom praat. Hierdeur het die deur na die Afrikaner boer se hart vir ons oopgegaan. Ons is baie opgewonde hieroor; want dit is die Afrikaner boer wat die skade van die verlede moet regstel.

 

9.    Wupperthal: Op ’n grondpad, 75 kilometers die Sederberge in, lê Wuperthal ’n Morawiese Sendingstasie. Hier lyk dit behoorlik of die tyd die afgelope 180 of wat jare stilgestaan het. Die oorspronklike huise waarin die sendelinge gewoon het, word steeds deur werkers daar bewoon. Wuperthal met sy 2000 inwoners is die moeder van verskeie ander sendingstasies in die Sederberge en is daar etlike duisende mense betrokke. Een van die Rynse sendelinge en mede stigter van hierdie prag werk, is Johann Gottlieb, ’n skoenmaker en oupa van die beroemde digter Louis Leipoldt. Daar word steeds skoene gemaak en aan besoekers verkoop. Eerwaarde Samantha Valentyn is die geestelike herder daar en het hierdie opgewekte suster ons met ope hart verwelkom. Ons het ’n byeenkoms vir Sondagaand 26 April 2009 belê en gaan die DVD van die musiek blyspel “God se Eindtyd Profetiese Plan vir die Bruin Mense van Suider-Afrika” aan die gemeente vertoon.

 

10.    Witte water: ’n Morawiese Sending gestig gedurende 1859, is hierdie sending steeds aan die gang, maar met baie verdeeldheid onder die sowat 1053 lidmate. Dit was die eerste saak wat Eerwaarde Marica Abrahams ons meegedeel het. Die inwoners, wie sommige in die oorspronklike sending woonhuise woon, werk op die omliggende wingerd plase, maar is die gemeenskap arm. Die geestelike droogte is ook hier baie sigbaar. Ons het egter in die herder ’n bondgenoot gevind en was sy baie bly om ons daar te hê. Ons het ’n byeenkoms belê vir Sondagoggend 19 Mei 2009. Hierdie is ook die begin van die viering van hul 150 jarige bestaan. Marica deel ons mee dat hulle nie ’n spreker gehad het wie die vieringe sou open nie en het gebid en gevra dat die HERE iemand moes stuur. Daardie iemand was toe ons gewees.

 

11.    Goedverwacht: Net langs Witte Water lê hierdie Morawiese sendingstasie en is ’n pragtig behoue gemeenskap wat in netjiese en goedversorgde huise woon. Goedverwacht en Witte Water is naby Piketberg geleë en maklik bereikbaar deur ’n mooi teerpad. Goedverwacht is gedurende 1881 deur die Morawiese Sending gestig en is hier, ondanks tradisie wat ingesluip het, tekens van ’n gemeenskap met wie dit goed gaan. Eerwaarde Charles Goliath is die herder en was hy baie opgewonde oor ons besoek. Retha het hom twee boeke gegee en is hy dadelik daar weg om die een boek vir iemand anders te neem. Ons het ’n byeenkoms vir Saterdagaand 9 Mei 2009 belê met die verwagting dat hierdie fontein strome van lewende waters gaan uitstoot.

 

12.    Elandskloof: Die NG Kerk het gedurende 1861 ’n plaas buite Citrusdal aangekoop en ’n sendingstasie daar gestig. Die eerste leraar was Eerwaarde le Roux en het hy met groot liefde vir 41 jaar onder die Khoi geestelike werk gedoen. Deur sy toedoen het daar ’n kerkgebou en skool tot stand gekom en alhoewel daar nie werklike groei plaas gevind het nie was hy getrou aan sy roeping. Hy het egter baie las van die NG Sending Kommissie gehad wat gedurig geld van hom vir hul sending kas wou gehad het. Hierdie las het die grondslag van verdeeldheid gelê en het hierdie deurgevloei na sy lidmate. Na sy aftrede het Eerw. Grove die sending oorgeneem en het die stryery uitgekring. Dit was altyd oor geld. Hierdie keer die grond wat die Khoi inwoners van die NG Kerk gehuur het. Hulle moes jaarliks ’n bedrag aan die kerk oorbetaal vir die huur van hul huise en stukkie grond wat hull kon bewerk.

 Grove en die NG Kerk het die huur opgeskuif en was die lidmate nie daarmee tevrede nie. Hulle was ook onder die indruk dat hulle die grond gekoop het en dat die jaarlikse gelde die afbetaling van hul skuld was. Groot was hul ontnugtering toe die Kerk gedurende 1925 besluit om die plaas aan twee blanke boere te verkoop en hulle die inwoners van Elandskloof sonder heenkome gelaat het. Die nuwe eienaars het die bruin mense van die plaas afgesit en is hulle verstrooi en in armoede as swerwers gelaat. 

 Hierdie vrugbare stuk aarde het hulle na 1994 deur ’n grondeis teruggekry en is sommige van hulle weer hervestig op Elandskloof. Die armoede daar is skrikwekkend en woon mense in ou geroeste sinkhuisies. Die gees van verdeeldheid wat deur die NG Kerk op daardie plaas geplaas is, moet aangespreek word. Hierdie vesting wat die gees van godsdiens daar deur onderlinge stryery gekry het, moet mee afgereken word. Die potensiaal vir ontwikkeling tot ’n selfsorg eenheid is baie goed en sal hierdie gemeenskap met die regte geestelike leiding ’n voorbeeld van ware versoening wees. Hierdie bied aan ons Afrikaner boere ’n gulde geleentheid om restitusie te doen jeens hulle wie ons vir soveel jare misbruik het. Ons het ’n vergadering met die dagbestuur van Elandskloof gereël vir 25 Mei 2009. Ons is ook in gesprek met Ds. Johan Witbooi van die VGK Citrusdal onder wie se versorging Elandskloof val

 

13.    Mamre: Nog ’n Morawiese Sending, geleë tussen Darling en Atlantis gestig 1808. Jy ry deur Atlantis en wanneer jy aan die einde van die dorpie Mamre kom, gaan jy die sendingstasie binne. Jy betree ’n heel ander wêreld, dit voel net nie dieselfde as dit waarmee jy ingekom het nie. Die tyd het hier ook stilgestaan. Ongelukkig is die geboue nie goed bewaar nie en toon tekens van verval. Die geestelike herder van Mamre Eerw. Roger Ruiters is egter opgewonde oor hierdie fontein van lewende waters en het sy kerkraad toegestem tot ’n byeenkoms 13 Mei 2009. Hy glo ook dat indien die geestelike atmosfeer van Mamre herstel is die fisiese herstel daarop sal volg. Hierdie is ook ’n uitstekende projek en kan die omgewing van Atlantis met sy bende geweld en misdaad hierdeur geraak word.

 

14.    Vergenoegd:  By hierdie Roomse Katolieke Sending gaan daar nie veel aan nie en word die imposante kerkgebou nie meer gebruik nie. Hier het ons met niemand kontak gemaak nie en was hierdie ook nooit ’n fontein wat weer geopen moet word nie. Hierdie is brak grond waar daar geen oes uit sal kom nie.

 

15.    Mission of the little flower: ’n Katolieke Sending wat tans in die mark is vir verkoping. Ook hier het ons slegs besoek en nie onderhoude gevoer nie. Soos met Vergenoegd is hierdie ook brak grond waar jy nie tyd en energie moet vermors nie.


Een ding wat soos ’n paal bo water uitstaan is dat die HERE se oog verseker op die Khoikhoi gevestig is. Al hierdie sendingstasies se werksaamhede was gemik op hierdie spesiale volk en wys net hoe belangrik die HERE hulle as volk erken. Dit is hulle wat na die regte fondasie moet terugkeer – die fondasie is Jesus Christus, want dit is deur hulle wat die ander etniese groepe in ons land bereik moet word. Net een ding staan in hierdie pad, dit is die sondes van hul voorvaders. Hierdie kosbare volk moet insien waarom hulle as volk so lank gely het. Hulle moet insien dat dit die wegdraai van die lewende God na afgode was, wat hierdie oordeel oor hulle gebring het. Die HERE het die wit man gebruik in Sy oordeel oor hulle... MAAR DIE WITMAN HET TE VÊR GEGAAN!! Hy het nie dieselfde genade as God oor hierdie volk gehad nie en betaal sedert 1994 die prys daarvoor. Die HERE is egter besig om herstel in beide volke te bring en sal die geestelike herstel in ons gemeenskaplike land Suid-Afrika, deur al die etniese groepe gevoel word.


 

 

 

Picture