Versoening en Restourasie

OPENING OF WELLS

BESOEK AAN NAMAKWALAND



VERSLAG: BESOEKE AAN VORIGE SENDING STASIES


 Gedurende Maart, April en Mei 2009 het ek en Retha in opdrag en leiding van die Heilige Gees na die Wes-Kus vertrek. Ons fokus was sendingstasies wat deur die arbeid van ons land se eerste sendelinge tot stand gekom het. Hierdie sendelinge het vanuit verskeie wêreld dele gekom en hul lewens hier op Suid-Afrikaanse bodem kom neerlê. Hulle het met die planting van die evangelie van Jesus Christus ’n fontein van geestelike lewe kom open. Daardeur het hulle ook die onverganklike saad van redding hier kom saai, en is dit ons oortuiging dat hierdie saad nog nie in sy volheid ontkiem het nie. sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons. “(1Pet 1:4)

 “...so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.” (Jes. 55:11) Die HERE se woord kan nooit onproduktief wees nie, dit moet verandering bring daar waar dit in waarheid gepreek word. Hierdie vorige sendelinge het duidelik Jesus bo hul eie lewens lief gehad, want geen mens gaan sulke ontberings deur sonder dat hulle gedring word deur passie en liefde vir ’n saak nie. Dit was dit ons tydens ons besoeke gesien het, die werk het voortgegaan en is daar nog by die meeste van hierdie sendingstasies geestelike waters wat vloei. 

 Alhoewel die waters op sommige plekke tot stilstand gekom en troebel geraak het weens tradisies en godsdienstigheid, was daar by al hierdie plekke tog tekens van ’n erfenis wat manne soos George Schmidt en die Morawiese Sending, agter gelaat het. Ons was by al hierdie stasies met oop harte ontvang en moes dikwels hoor: “Die HERE het julle gestuur.” Die doel van ons besoeke was om die harte van die inwoners van hierdie sendingstasies weer vir gebed oop te kry deur skuldbelydenis van die onregte wat ons as Afrikaners aan hul gedoen het en dan die identiteit en toekomsplan van God met die Bruin mense te deel.  Die grondslag van die Morawiese Sending was 24/7 gebed en is hulle die fondasie van al die wêreldwye gebedswake en aksies. Die Heilige Gees beweeg weer om hierdie gebed vlam aan te steek. Dit was met hierdie as motivering waarmee ons die taak aangepak het. Hier volg die verslag van ons besoeke:

 

 

Herbertsdale

Picture
HERBERTSDALE: Hierdie was die eerste gewese Sendingstasie wat ons besoek en ’n byeenkoms gehou het. Herbertsdale, eens bekend as die plaas Hemelrood, lê 50 kilometer vanaf Mosselbaai.Herbertsdale met sy ryke sending agtergrond het nie net mooi om te onthou nie. Daar is ook die hartseer van mishandeling en verwerping deur die destydse regeerders. Jare na die dood van die die Berlynse sendeling James Benton Herbert, na wie die dorp vernoem is was die dorpie deur die Herbertsdale Management Board bestuur. Vars in die gemoed van vele inwoners lê die opdeel en verwydering van huisgesinne vanuit die midde dorp oordat hul vel bruin was. 

 Sondag 22 Februarie 2009 om 10h00 het die gemeenskap van Herbertsdale op die Laerskool gronde byeengekom om met die verlede te versoen. Die meeste kerke het hul dienste na die skoolterrein verskuif vir ’n gesamentlike versoenings byeenkoms. Tydens hierdie byeenkoms het die Uitvoerende Burgemeester van Mosselbaai Raadsdame Marie Ferreira, wat weens ander verpligtinge nie persoonlik teenwoordig kon wees nie, per openbare brief haar deel van die belydenis gedoen. Ek het dit dan ook so aan die teenwoordigers voorgelees. Die Uitvoerende Onder Burgemeester, Raadslid Harry Levendal het gedurende sy inset gesê vergifnis is onvoorwaardelik, maar het nogtans 'n pleidooi gelewer vir Bybelse restitusie. Die LP vir Klein-Karoo en Kannaland Sydney Opperman was die programleier, terwyl The Dream Centre van George die bekroonde musiek blyspel “//îb koasa kare re - Ons Sal Sy Lof Verkondig,” opvoer het. Die boek, “God se Eindtyd Profetiese Plan vir die Bruin mense van Suider-Afrika,” geskryf deur Retha, was tydens die geleentheid bekend gestel. Hierdie was nie ’n politieke byeenkoms nie, maar gereël deur Mosselbaai Huis van Gebed vir die Nasies, met die uitsluitlike doel om ’n verdeelde gemeenskap met mekaar te versoen. Die gemeenskap van Herbertsdale het 'n wonderlike tyd van genesing en versoening gehad en sal ons nog die vrug hiervan in baie lewens sien.

 Hierdie was so besonders dat Pastoor Wilbro Cupido en sy gemeente, op wie se skouers die koördinering van die byeenkoms gerus het, dadelik met 'n 24/7 gebedsketting begin het. Hulle dek tans 17 van die 24 ure en getuig van groot seën in hul gemeente. Mense van Herbertsdale praat onder mekaar van die groot geestelike dinge wat daar aan die gebeur is. Hierdie is waarlik 'n fontein van lewende waters wat oopgegaan het. Die saad wat die sendelinge van toentertyd daar gesaai het, is aan die oopbreek. 

 
Baie van Herbertsdale se bruin inwoners maak staat op inkomste uit die aalwyn – die blare wat God ons gegee het – soos hul so kosbaar dit stel! Daar is egtern monopolie wat deur n sekere boer bedryf word  en hul werk baie hard vir min geld omdat daar nie ander kopers is vir die rouproduk nie. Hier is definitief ‘n area wat ondersoek moet word om sodoende hulp in te bring dat die mense regverdige vergoeding kan kry vir die harde werk van aalwynsap tap.

 

Huis op Elandskloof

Picture
  ELANDSKLOOF:Eland’s kloof lê buite Citrusdal in die Seder berge. Hierdie werk was deur die NG Kerk gedurende die 19de eeu begin. Daar was egter van die begin af rusie oor geld. Die Kerkraad van NG Wellington, onder wie se sorg hierdie sending aksie gestaan het, was gedurig in twis met die kerkraad van Elands kloof oor geld. Die bruin mense aan wie hulle die evangelie verkondig en geestelik bedien het, moes die stukkie grond by die kerk huur en het die kerkraad van Wellington gereeld probeer om die huurgelde te verhoog. Vanuit die notules blyk dit dat die moedergemeente hierdie sending begin het met die oog om deur die verhuring van die grond, geld vir hul binnelandse sending te genereer – vandaar die getwis oor geld.

 Die finansies van die sending het met die loop van die jare so versleg, dat die NG Kerk gedurende 1962 besluit het om die plaas te verkoop. Die nuwe eienaars van Elands kloof wou nie die Bruin inwoners op hul plaas hê nie en het  hulle van die grond afgesit. Hierdie gevestigde gemeenskap was skielik sonder heenkome en vir jare daarna ontwortelde swerwers. 

 Na die 1994 verkiesing het, onder leiding van Nettie Titus, vorige inwoners van Elands kloof, met ’n grond eis begin. Hierdie eis het hulle gewen en is die grond deur die Staat van die eienaars gekoop en aan die inwoners van Elands kloof terug gegee. Hulle het van heinde en vêr daarheen teruggekom, maar met nie veel om mee te begin nie. Die vestiging van hierdie eens ontworteldes, is ’n pynlike ondervinding waar verdeeldheid baie spanning en hartseer bring. 

 Die fondasie van hierdie sending is gelê in verdeeldheid en sien ons vandag nog hoe Mammon mense deur agterdog en wantroue uit mekaar hou. Ek en Retha het 25 April 2009 ’n ontmoeting met die bestuur van Elands kloof gehad. Ons het as oud lidmate van die NG Kerk om vergifnis gevra vir die onreg wat hierdie kerk hulle aan gedoen het. Ons het ook belydenis gedoen en hul vergifnis bekom weens die onregte wat ons voorgeslagte hulle aangedoen het deur hulle van hul grond te vervreem. Hulle die afstammelinge van die Khoikhoi, die fondasie nasie van hierdie land, moes in hul armoede hulle eie stukkie grond huur en was gereeld deur afsetting gedreig indien hulle nie kon betaal nie. Ons het ook belydenis gedoen vir al die vernedering wat hulle aan die hand van blanke boere moes ervaar het. 

 Volgens Nettie Titus het die  NG Kerk  onlangs  bely oor die behandeling wat die inwoners aan hul hand moes deurmaak en het hul ook R500 000 as restitusie geskenk.

 Elands kloof se mense is aan die opstaan. Vanuit bruin geledere het daar hulp begin inkom. Verskeie bruin gemeentes het hand aan die ploeg geslaan en kom help. Die dag met ons besoek daar, het daar juis ’n groep bruin mense aangekom met R250, 000 se boerdery benodighede. Hulle het reeds uit eie fondse die skool herstel en is tans besig om die kerk gebou te restoureer. Ons kon saam met hulle bid en daardie onheilige verdeeldheid verbreek en vertrou dat die Heilige Gees eenheid hier sal bring, sodat vanuit hierdie onreg ’n getuienis van genesing, herstel en voorspoed sal kom. 

 Terwyl ons in die kerkie gebid het, het die Heilige Gees gesê dat Elandskloof ‘’n broodmandjie sal wees. Die vrugbare grond staan tans onbewerk en die twis en tweespalt onder die inwoners het als tot stilstand gebring. Ons glo dat hier groot moontlikhede is en dat God nog glad nie klaar is met Elandskloof nie.

 

Wupperthal huisies

Picture
  1. WUPPERTHAL: Wupperthal lê in ’n vrugbare dal in die Seder berge. Hierdie pragtig behoue Sending stasie vanuit die middel 18de eeu, is ’n lushof om te sien. Omring met berge en die Tra-Tra rivier wat deur die plaas loop, spog die Wupperthalers met ’n gesonde gemeenskap. ’n Skool met sy 200 leerlinge bied opleiding tot en met graad 10, waarna leerders Clanwilliam toe gaan. 

     Die Wupperthal Institute deur die Rynse Sending was deur JG. Leipoldt, ’n oupa van die Afrikaanse digter, Louise Leipoldt, in 1830 gestig. In 1965 het hierdie werk na die Morawiese Sending oorgegaan en staan sedertdien onder die sorg van die Morawiese Kerk van Suid-Afrika. Wupperthal het ’n verdere twaalf satelliet stasies verspreid in die Seder berge en word bedien deur Hernest Heyns en sy vrou. 

     Leipoldt was ’n skoenmaker van beroep en het ’n skoen fabriek hier gevestig wat vandag nog prag skoene (vellies) vervaardig. Verskeie bruin boere het ter voorskyn gekom en bedryf tans ’n Rooibos Tee Korporasie waar hulle organiese rooibostee wat hulle self verbou, internasionaal bemark. Die voorspoed wat hierdie bedryf die inwoners van Wupperthal bring, het ook ’n negatiewe invloed van verdeeldheid onder hulle veroorsaak. Hier is ruimte vir beter organisasie en het hulle bekwame manne se inspraak nodig om van hierdie uiters winsgewende bedryf ’n groter sukses te maak. Die skoen fabriek kom ook nie tot sy reg nie en is hier ook moontlikheid vir verbetering en uitbreiding. 

     Eerwaarde Samantha Valentyn is die geestelike leier daar en bestuur sy die Sending met die hulp van Hernest Heyns en ’n Kerk raad. Hernest is ook die inligtings beampte op Wuperthal en kon ons die oggend van ons vertrek saam met hom bid. Hy het ons ook ingelig aangaande die uitdagings wat daar vir hulle, in veral eenheid in die rooibos tee bedryf, wag. Ons het ’n uiters geseënde byeenkoms op 26 April 2009 met die Wupperthal gemeente gehad. Ons kon belydenis doen oor die afskuwelikhede wat Jan van Riebeeck en slawerny hulle aangedoen het. Retha het gepraat oor “destiny” en identiteit en was die gehoor, waarvan baie jongmense was, vir drie ure vasgevang. Die DVD opname van “God se Eindtyd Profetiese Plan met die Bruin Mense van Suid-Afrika” het ’n groot impak op hulle gehad. Ons het hulle ook sterk gemotiveer om met 24/7 gebed te begin en is die begeerte daar vir so ’n aksie.

     

     

Put se Kloof se kinders

Picture
PELLA: Pella is ook ’n Roomse Katolieke Sending, geleë tussen Springbok en Pofadder. Hierdie pragtige nedersetting aan die voete van ’n reeks berge, huisves ’n gemeenskap wat hoofsaaklik aan die Katolieke geloof behoort. Met sy imposante kerk geboue en water fonteine wat uit die grond syfer, dadel bome wat in lanings aangeplant is, is hierdie dorpie ’n voorbeeld van godsdienstigheid – godsdienstigheid met ’n dooie Jesus wat in die kerkgebou aan ’n kruis uitgestal word.

 Prys die HERE, dat ons te midde van hierdie dooie rituele godsdiens ’n ligpunt opgespoor het. Deur iemand wat met Retha oor die boek geskakel het, het ons het daar ’n Pinkster gemeente opgespoor. Mietjie en haar man is die herderspaar van die Emanuel Gemeente, so ’n ent van die Katolieke kerk af weg. Retha het saam met haar en ’n klein groepie vroue lidmate Saterdag 2 Mei 2009 ’n byeenkoms in die Kerkie gehad Mietje deel ons daardie oggend mee van die gebed las wat sedert die vroeë oggend ure haar hart gevul het en bevestig daardeur dat ons op die regte tyd op die regte plek met die regte boodskap daar was.

 Twee dae later laat sy per SMS weet: “Pella het begin met 24/7 - bid saam 3 uur v m - van mietjie.” Die Heilige Gees het geen tyd verspil om hierdie groepie vroue aan die bid te kry nie.

 

 

Pella se kerk

Picture
PELLA: Pella is ook ’n Roomse Katolieke Sending, geleë tussen Springbok en Pofadder. Hierdie pragtige nedersetting aan die voete van ’n reeks berge, huisves ’n gemeenskap wat hoofsaaklik aan die Katolieke geloof behoort. Met sy imposante kerk geboue en water fonteine wat uit die grond syfer, dadel bome wat in lanings aangeplant is, is hierdie dorpie ’n voorbeeld van godsdienstigheid – godsdienstigheid met ’n dooie Jesus wat in die kerkgebou aan ’n kruis uitgestal word.

 Prys die HERE, dat ons te midde van hierdie dooie rituele godsdiens ’n ligpunt opgespoor het. Deur iemand wat met Retha oor die boek geskakel het, het ons het daar ’n Pinkster gemeente opgespoor. Mietjie en haar man is die herderspaar van die Emanuel Gemeente, so ’n ent van die Katolieke kerk af weg. Retha het saam met haar en ’n klein groepie vroue lidmate Saterdag 2 Mei 2009 ’n byeenkoms in die Kerkie gehad Mietje deel ons daardie oggend mee van die gebed las wat sedert die vroeë oggend ure haar hart gevul het en bevestig daardeur dat ons op die regte tyd op die regte plek met die regte boodskap daar was.

 Twee dae later laat sy per SMS weet: “Pella het begin met 24/7 - bid saam 3 uur v m - van mietjie.” Die Heilige Gees het geen tyd verspil om hierdie groepie vroue aan die bid te kry nie.

 

 

Leraars saam met Retha op Steinkopf

Picture
STEINKOPF:
Ons het ook na hierdie vêraf geleë, mees noordelike dorpie uitgereik. Steinkopf is 65 kilometer van die Namibiese grens. Sondagoggend 2 Mei 2009 ry ons hierdie gewese Sending stasie binne. Ons het geen kontak persoon hier gehad nie en het slegs op die leiding van die Heilige Gees vertrou. Hier reg aan die begin van die nedersetting vind ons ’n groepie manne en vroue aan die stap. Ons volg hulle tot by ’n klein huisie waar hulle ingegaan het. By navraag ontmoet ons Pastoor John Faro en die Past Matthews Cloete van hierdie gemeente. Hulle was so 20 mense en twee evangeliste byeen en deel Past. Farao ons mee dat hulle daardie oggend juis hierdie nuwe gemeente kom stig het.

 Ons was in verwondering dat ons op die regte tyd by die regte mense uitgekom het. Hulle was net so in verwondering en het die hand van die HERE hierin gesien. Ons het geleentheid gehad om die boodskap van versoening en intersessie gebed met hierdie dierbares te deel. Hulle het dit baie positief ontvang. Soos die jong voorganger die oggend na die boodskap gesê het: “Dankie, dat julle my na my begin toe gevat het. Nog nooit het hulle my in die geskiedenis klas vertel waar ek vandaan kom nie, maar nou weet ek.”

 Springbok en Nababeep is die groter dorpe naby Steinkopf en kon ons nie ingang hier vind nie. Die wonder van ons besoek aan Steinkopf het verder uitgekring toe Past. Farao en Leraar Cloete bekend maak dat hulle van Nababeep is en hulle kerk daar kontak in Springbok het. Skielik is die deur na hierdie twee dorpe oop en het hulle ons genooi om ook daar te besoek. Hulle het die opdrag tot 24/7 gebed ernstig opgeneem en sal ons met ’n opvolg besoek hulle daarmee moet gaan help.

 

 

Plaashuis waar sending in Namakwaland begin het

Picture
VAN RYHNSDORP: Oorspronklik bekend gestaan as Tru Troe was hierdie dorpie deur die medikus en slawe handelaar, Pieter van Meerhof ontdek. Hy was getroud met Eva Kretoa wat as kind in die huis van Jan van Riebeeck groot geword het. Hulle oudste dogter Pieternella, het met ’n Hollander Daniel Zaaiman getrou en word haar moeder Eva as die volks moeder van ongeveer 3, 5 miljoen Afrikaners beskou. Die eerste geregistreerde eienaar van hierdie plaas was een van my stam vaders, Jan Hendrik Venter. Die woonhuis is gedurende 1751 deur ’n dissipel van George Schmidt, ’n Henning, vermoedelik ’n skoonseun van Venter, gebou en was die eerste geestelike byeenkomste in hierdie huis gehou. Die plaas Tru Trôe was later aan van Rhyn verkoop en het hulle voortgegaan om geestelike byeenkomste hier te hou. Vanuit hierdie huis het daar verskeie sending aktiwiteite plaas gevind en het hierdie dorp ’n belangrike rol in Suid-Afrikaanse sending gespeel. Sendelinge van die buiteland het eers hier aangedoen en dan verder die binneland in getrek.

 Geestelik is dit egter ’n baie moeilike dorp en is een van die plekke in Namakwaland wat net nie vir ons wou oopgaan nie. Ons het met die VGK dominee gespek gevoer, maar het hy nie sy weg oopgesien om saam te werk nie. Ook het ons die AGS-pastoor probeer betrek, maar ook sonder welslae. Op die ou end het ons tog op 8 Mei 2009 ’n byeenkoms in die Gemeenskap saal gehou met net 10, 11 met my en Retha saam. Die Heilige Gees het een van die VGK se sterk geestelikes daar gehad en is dit ons vertroue dat hierdie man die saak verder sal voer. Daar is baie satanistiese selle in die omgewing en skryf ons die weerstand wat ons daar ervaar het, hieraan toe.

 

 

Goedverwacht se herder Eerwaarde Charles Goliath en Retha

Picture
GOEDVERWACHT: Oor hierdie Morawiese Sending stasie was ons van die begin baie opgewonde en ook nie sonder rede nie. Dit was die eerste volwaardige Morawiese sendingstasie waar ons bedien het. Die Geestelike leier van Goedverwacht, Eerwaarde Charles Goliath en sy vrou Cathey, was ons van die begin uiters goedgesind. Hulle het ons met oop harte verwelkom en ons in een van hulle mooi gaste huise vir die nag gehuisves. Die byeenkoms wat ons Saterdagaand 9 Mei 2009 in die pragtige historiese kerkgebou daar gehad het, was een van ons hoogte punte. Die trane het gevloei en na die diens het mense spontaan ons kom druk en liefde aan ons betoon. Wat ’n ervaring van vergifnis en vryspraak was dit nie. Tydens ons bediening het ’n vrou hardop begin bid en die HERE gedank dat Hy haar daardie aand vry gemaak het van verbittering teenoor wit mense. ‘Ek wag al so lank vir hierdie dag’ – het sy uitgeroep en hierdie uitroep het ons by vele ander sendingstasies ook gehoor. Almal was hierdeur aangeraak en kon ons sien dat almal bewus was van die wroeging waarmee hierdie vrou haar lewe deur gewroeg het. Daardie nag het Retha die gees van gebed op haar gehad en het sy tot in die vroeë oggendure intersessie vir die dorp gedoen.

 Goedverwacht voldoen aan sy naam beskrywing – die dorp is een van die mees goedversorgde plekke waar ons aangedoen het. Dit lê in ’n vrugbare vallei aan die voete van ’n bergreeks. Die inwoners bewerk die grond en verdien so vir hulself sowel as vir die kerk inkomste. Die dorpie is ook aan die uitbrei en kom daar meer bruin mense hul daar vestig. Die dorpie kom egter nog nie naastenby by sy potensiaal uit nie en met die nodige leiding kan hierdie ontwikkel word in ’n selfversorgende eenheid wat selfs voedsel kan uitvoer. Daar loop ’n standhoudende rivier aan die kant van die dorp, wat uitgebreide landbou ’n groot moontlikheid maak. Daar is ook groot gedeeltes in die berg waar diere kan wei.

 

 

Wittewater se kerkgebou

Picture
WITTE WATER: Nader aan Piketberg, net langs Goedverwacht, lê Witte Water - ook ’n Morawiese Sending wat deur sendelinge van Genadendal begin was. Ons besoek en byeenkoms daar het saamgeval met hul 150 jarige feesviering. Die Geestelike leier Eerwaarde Marica Abrahams is ’n suster duisend en het ons hier ’n geesgenoot gevind met wie ons nog ’n lang pad gaan stap. Die geestelike probleme hier is legio. Die dwelm Tik, het hier sy aaklige kloue kom inslaan, terwyl werkloosheid ook aan die orde is. Die klein gemeenskappie ly ook erg onder verdeeldheid en het ons baie hartseer en pyn onder die inwoners bespeur. Die emosionele skade van die verlede was hier duidelik sigbaar.

 Eerw. Abraham’s het die Sondag oggend diens van 10 Mei 2009 aan ons afgestaan en kon ons hierdie rou wonde aanspreek. Die reaksie was dan ook, soos by al ons vorige byeenkomste, een van vergifnis en vryspraak. Soos by al die ander kon ons voel hoe die wolk van wantroue en agterdog lig en plek maak vir die Heilige Gees. Die Kerkraad het ons ook met groot waardering tuis laat voel en het ons ’n mee lewende gehoor gehad. Daar is nie baie wedergeborenes in hierdie sending kerk nie, en is ’n evangeliese opvolg bediening hier baie nodig.

 Witte Water behoort ook ten volle aan die Morawiese kerk wat ’n boerdery eenheid, ’n plaas in eie reg is. Hierdie vrugbare gronde het nog nie tot sy reg gekom nie en lê dit braak en wag op ontwikkeling. Aangrensend lê die plaas Moravia wat eens deel van Witte Water sending was, maar nou deel van ’n voorspoedige privaat boerdery is. Hierdie wingerdplaas het vroeër aan die Morawiese Sending behoort en toon wat gedoen kan word met die nodige kundigheid.

 

 

Mamre se kerkgebou

Picture
 MAMRE: Die 3de Morawiese sending waar ons aangedoen het, was Mamre, net buite Atlantis. Ons ry deur Atlantis met sy baie bende aktiwiteite, armoede en sedelike verval en kom dan by Mamre uit. Hierdie goed versorgde woonbuurt, aangrensende Atlantis, se wortels lê in die sending ywer van die Morawiërs en is daar ’n plek wat die Bos genoem word. Wanneer jy in die Bos aankom, voel dit of jy ’n ander wêreld betree – die tyd het hier stilgestaan. Onder lower groen bome lê die oorspronklike sending stasie, wit gepleisterde rietdak huise uit ’n vorige eeu. Die imposante wit geverfde kerkgebou troon in die middel as ’n getuienis van die eens 'n glorieryke dade van die Morawiese sendelinge.

 Eerwaarde Roger Ruiters is die geestelike leier hier en versorg ’n meelewende gemeente van toegewyde volwassenes en kinders. Die deur was hier vir ons wawyd oop en kon ons op Woensdagaand 13 Mei 2009 met ’n kerk vol mense praat oor versoening en identiteit. Die reaksie was oorweldigend en het ons ’n heerlike tyd van bediening daar gehad. Op die vergadering was daar ’n hele paar gees vervulde vroue wat reeds ’n 24/7 gebedsketting aan die gang het. Die hele gemeente was daardie aand op hul knieë in aanbidding en is hier ’n gebedsvlam aangesteek wat die begin is van baie goeie geestelike dinge vir die streek. Eerwaarde Rogers het ons terug genooi om op ’n latere stadium meer breedvoerig te kom bedien en help om gebed sterker aan te wakker. Wat ’n voorreg om deel van hierdie kosbare mense te kan wees!

 

 

Past. Ajay Jantjies salf 'n gebed rots met olie

Picture
 

DIE PAD VORENTOE:

In nabetragting het die Heilige Gees met ons gepraat oor die pad vorentoe en kan ons nie hierdie “wells” net so laat nie – daar moet opvolg wees. Die strategie van die Heilige Gees vir ons is om so spoedig moontlik na hierdie “wells” terug te keer met ’n span intersessors, ’n tent op te slaan (tent tabernakel) en vir 7 dae die “well” met 24/7 gebed te bedien. Tydens hierdie 7 dae sal daar lering, prediking, berading en lofprysing wees. Die inwoners van die “well” moet na die week se toerusting in staat wees om voort te bou op dit wat ons daar kom laat het. Ons gaan hierdie plekke met gebed “soak” en die HERE vertrou om die werk van die vorige sendelinge met krag te kom voort sit.

 Wat gebed koördinering betref is die strategie verder om al hierdie en die vorige sending stasies in die Wes-Kaap streek, deur 24/7 gebed met mekaar te verbind. Die een moet weet van al die verwikkeling op die ander plekke – daar moet ’n gebed koepel oor die Wes-Kaap gespan word wat nie net uit gebed sal bestaan nie, maar uit praktiese projekte waar mense weer hul menswaardigheid kan vind. God as Skepper het ons geplant om te skep – het Hy dan nie gesê: “Wees vrugbaar en vul die aarde nie?” en kan ek my nie ’n meer praktiese manier indink as juis deur so ’n sending program nie.

 Die saad wat sendelinge soos George Schmidt, Hendrik Marsveld, Daniel Schwinn en John Kuhnel van die Morawiese Sending by sommige van hierdie plekke kom plant het, moet wakker gemaak word en ontkiem. Hierdie saadakker was gelê in 24/7 gebed en lofprysing en dra die nasate van die Khoikhoi hierdie mandaat in hul harte. Deur hulle ywer en harde werk was Genadendal, waar hulle die evangelie kom vestig het, gedurende die 18de eeu die tweede grootste dorp en Suid-Afrika. Hulle het nie net gepreek en bid nie, hulle het ook nywerhede en skole gevestig om mense op te lei sodat die ‘well’ selfversorgend kon wees. Dit is waarnatoe hierdie waterputte terug gelei moet word – geestelike toerusting en werkskepping – selfversorgendheid – menswaardigheid!

 Die wonder van hierdie hele onderneming is dat ons deur die opvolg van die besigheidmanne weer terugkeer na die oorspronklike Morawiese Sending Model – hulle het nie net die evangelie en gebed gebring nie maar ook onderrig, opleiding en vakmanskap ingebring en daardeur het ’n volwaardige gemeenskap tot stand gekom.

 Dit is dus ‘n guldige geleentheid tot ‘n volwaardige restitusie wat ons as Afrikaners aan  die Khoi kan bring – waar ons hul van identiteit, grond, menswaardigheid, visie en gesonde gemeenskapsontwikkeling ontneem het, kan ons nou volwaardig restitusie doen deur op alle vlakke in die sending gemeenskappe terug te ploeg.

Ons deel nog ’n  paar gedagtes oor aspekte van praktiese restitusie in die ‘wells’ vir gebed en oorweging deur die betrokke sakemanne.

 KINDERS IN DIE STEDE:

Ons het eerstehands die kindersiele-oes sien inkom by die stasies. Die toekoms van môre, die eindtyd generasie wat die weg berei vir die Erekoning moet gedissipel en gerig word na die koninkryk van God. Ook sien ons die eindtyd profesie in Maleagi 4:6 – die harte van die kinders en vaders wat na mekaar terug gebring word sodat die Here nie die land  met ‘’n banvloek tref nie – in vervulling kom.

 
Die platteland is besig om teen ’n skrikwekkend tempo te ontvolk en indien hierdie trant nie gestuit word nie, gaan die Chinese met hul China Shops ons plattelandse dorpe oorneem. In ons Wes-Kaapse bruin gemeenskappe is daar baie hulpbehoewende kinders in stede en op die platteland wat aangewese is op die versorging van Oumas en Anties, mense wat dit self nie breed het nie. Hierdie Sending stasies kan met die nodige kundigheid en finansiële ondersteuning ontwikkel word tot eenhede waarin sulke kinder’s opgeneem kan word.

 Kinder’s wat nie in hul huidige omstandighede ’n kans op geesvervulde skolastiese en dissiplinêre opvoeding het nie, kan hier daardie geleentheid gebied word. Hier, in die atmosfeer van 24/7 gebed en lofprysing, kan ons die Elia-generasie deur wie die koninkryk van God sigbaar moet word, oplei. Hier kan hul hoop, visie en missie ontvang deur opleiding, onderrig en voorbereiding om ‘n verskil in die eind tye te maak.

 Daar is nog verskeie praktiese projekte/behoeftes in die Sendingstasies wat evalueer kan word deur die besigheidsmanne – soos bv. die harte van die mense in die ‘wells’ reik uit na herstel van historiese geboue soos die kerkie in Papendorp en die lieflike geboue in Mamre en andere., ens.

 Ons sien uit na u terugvoer.

Groete in Jesus

Paulus en Retha Venter