Versoening en Restourasie

KHOI VERSOENING - DIAZ MUSEUM


Afrikaner nasate word vrygespreek tydens 'n versoenings byeenkoms in die Diaz Museum op Mosselbaai

 

‘n VOLK MET IDENTITEIT AAN DIE OPSTAAN!
Is die Bruinmense van Suid-Afrika besig om hul identiteit te ontdek en is hulle as volk aan die opstaan, om hul regmatige plek in die Suider Afrikaanse gemeenskappe in te neem? Uit verwikkelinge en roeringe onder geledere van hierdie lang miskende volk, is dit duidelik dat daar onder hulle ‘n beweging is wat tans duidelik in die politieke arena voelbaar is, ‘n onstuitbare voortstu van ‘n volk na erkening en identiteit. Daar sal van hulle kennis geneem en geakkommodeer moet word in die politieke proses van ons Suid-Afrika. Hulle moet as erkende volk deel uitmaak van die dertien inheemse volkere van ons land, want hulle was per slot van rekening die eerste mense hier.  

Waar kom hulle vandaan, hoe het hierdie volk ontstaan, waar en hoe het hulle hul identiteit verloor?
Die Khoi, afstamelinge van Gam het meer as 2000 jaar gelede vanuit Egipte suidwaarts getrek en hulle hier aan die suidpunt van Afrika kom vestig. As eerste inwoners van Suider-Afrika het hulle “n rustige nomadiese bestaan gevoer. In teenstelling met die San wat jagters was, het hierdie volk met hul bees en skaapkuddes rondgetrek agter beter weivelde aan, hulle gesinne versorg en in vrede met mekaar geleef. Daardeur het hulle ‘n rustigheid die land ingebring en word hierdie gedragspatroon van die Khoi ook in die Bybel beskryf: “En hulle het geil en goeie weiveld gevind, en die land was na alkante toe wyd en stil en rustig, want mense van Gam het daar tevore gewoon;” (1 Kronieke 4:40 AOV)
Dit was ook hoe Bartholomeüs Diaz gedurende 1488 die eerste Khoi's op Santos strand in Mosselbaai gevind het. Diaz het hier aangedoen om water in te neem, maar het nie geweet dat die Khoi water as heilig beskou het nie. Met sy landing het daar 'n misverstand oor die gebruike van water plaas gevind en in die onderonsie wat daarop gevolg het, is 'n Khoi deur 'n kruisboog se pyl getref en het hy gesterf. Hierdie rampspoedige eerste bloedige ontmoeting tussen Europeërs en hierdie inheemse volk, het die deur vir verder misverstande, wantroue en agterdog geopen. 
 
 Jan van Riebeeck met sy Hollands Oos Indiese Kompanjie, was ook gedurende 1652 deur niksvermoedende goedhartige Khoi lede aan wal verwelkom, min wetende dat hulle (die Khoi) ook die gevolge van die bloedvergieting wat op die strande van Mosselbaai plaas gevind het, gaan voel. Met die uitbreiding van die verversings punt hier aan die Kaap van Goeie Hoop, het van Riebeeck slawe ingevoer om die groeiende vraag na goedkoop arbeid te bevredig. Slawe is hoofsaaklik vanaf Madagaskar, Indië, Maleisië en ‘n aantal Afrika lande ingevoer. Hierdie slawe was in ‘n slawehuis genoem “The Lodge” aangehou, wat ook gedien het as ‘n gevangenis en inrigting vir geestelike versteurdes. Wat ‘n hartseer getuienis vir die ontstaan van ‘n volk? 
 Die Khoi as bees en skaap herders kon nie inpas by die vraag na arbeid van van Riebeeck en sy groeiende kolonie nie, en was daar van die begin af botsings tussen hierdie twee groepe. Met internasionale beperkings wat gevolg het op die invoer van slawe, het daar ‘n tekort op die mark ontstaan en het van die vryburgers die Khoi teen hul wil slawe gemaak. Die slawehuis was saans een uur oopgestel en kon die besoekende wit matrose die slawevroue gebruik om hul seksuele behoeftes te bevredig. Die “Lodge” het dus in ‘n bordeel ontaard. Die slawevroue het gehoop indien hulle ‘n baba van ‘n witman die lewe kon inbring, hulle vanuit hul slawerny bevry sou word. Die aankoms van die ligter kleur kinders van hierdie vroue, het die vryburgers gepas aangesien hulle beter pryse vir hierdie kinders op die slawemarkte bekom het. Hulle het as gevolg daarvan doelbewus kinders by hierdie vroue verwek, en so ver gegaan om kinders by daardie kinders te verwek. Die “Lodge” het van slawerny na prostitusie na bloedskande uitgekring.  Khoi vroue wat in slawerny aangehou was, is hierby betrek en het daar ‘n unieke volk tot stand gekom. Twee volke het hulle ontstaan vanuit Jan van Riebeeck se vestiging van ‘n westerse beskawing hier, gehad – die Afrikaner-en die Bruin volk. Die een was die onderdrukker en die ander die verdrukte.  God het egter in Sy voorkennis geweet dit gaan gebeur en omdat Sy hart altyd oop is vir die uitgeworpenes, weduwee en wese, het Hy ‘n plan gehad om hierdie negatiewe gebeure te gebruik om herstel in hierdie eens miskende volk te bring. Gedurende 1737 roep God ‘n Morawiese sendeling George Smit vanuit Oostenryk met die opdrag: “Go to the Hottentot people of South-Afrika, for they are the people I have formed to declare My praises.” Smit het gekom en die evangelie op Baviaanspoort (Genadendal) aan die Khoi verkondig. Die Morawiese Sending het vir meer as 100 jaar ‘n gebedsaksie gehad waar hulle vir 24 uur elke dag in gebed was. Smit het dus daardie gebed mandaat van die Morawiërs aan die Khoi oorgedra, en sedertdien is dit die Bruinmense wat God se lof deur hul koortjies besing – niemand kan soos hulle sing en aanbid nie! Weens die misdade wat die volksplanters teen hierdie volk gepleeg het, sien ons vandag nog hoe ‘n groot deel van daardie geslag vanuit die slawerny geknel word deur bendegeweld, dwelm en drankverslawing, verkragting, bloedskande en armoede. Die grootste sonde wat ons teen hulle gepleeg het, was die ontneming van hulle identiteit. Dit is iemand met geen identiteit wat ontvlugting vind in al hierdie euwels, en so voortsnel op die pad van vernietiging wat sedert 1652 hulle begin was.  Wat verblydend is, is die groeiende tendens onder Bruinmense om uit te styg bo hulle moeilike begin jare en vind ons hulle in die politiek, in die akademie, in die sake wêreld en op feitlik elke terrein van belang in ons gemeenskappe. Hulle is besig om leiding te gee en leiding te neem, Gesien in die lig van hoe die meeste Bruinmense nog gebuk gaan onder werkloosheid en armoede, is dit my vertroue dat ook hulle hierdie juk gaan afgooi in die vind van hul Godgegewe roeping en identiteit. Dit is nou die tyd dat ons hulle moet dien in hierdie opstanding proses!  Die onskuldige bloed wat Bartholomeüs Diaz deur sy onbesonne daad op Mosselbaai laat vloei het, was tydens ‘n versoeningsvergadering tussen Khoi leiers en Afrikaners gedurende 2007 in die Diaz Museum gehou. Die agbare Burgemeester van Mosselbaai, me Marie Ferreira was hierby teenwoordig en betrokke in die openbare belydenis. Ons het dus op plaaslike regeringsvlak daardie onheilige deur van etniese geweld toegemaak en beleef sedertdien ‘n opbloei van voorspoed en veiligheid hier. Tans beleef ons die interessante vorming van Khoi stamme en vind groeperings met name soos Hessequa, Gouriqua, Attaqua, Damasqua, Gonqua, Hoengeyqua en is ek saam opgewonde oor die passie en menswaardigheid wat daar onder die huidige Khoi leierskap te bespeur is.  Hierdie afstammelinge van Gam wat die vermoë het om ‘n land rustig te kry, sal nader getrek moet word om hierdie land en sy mense te help versoen om geestelike en emosionele wonde te genees. As God soveel vertroue in hulle stel “to declare His praises” kan ek en jy dieselfde doen deur hulle as eerste nasie van Suid-Afrika te erken en so help om die jare van verlore menswaardigheid terug te wen. Soos Bruinmense hul rol as fondasie nasie begin inneem, het daar in hierdie opwinding van die vind van hul ware identiteit, verskeie bewegings ontstaan, en sal ons vervolgens in meer diepte daarna kyk. Die van hulle wat nog onder die juk van slawerny verkeer, moet hiervan bewus gemaak word, sodat die slaweklok wat nog in vele gemoedere lui, stilgemaak kan word.

Intersessors van Mosselbaai saam met agbare Uitvoerende Burgemeester Marie Ferreira en Mnr. Sydney Opperman, Parlement lid vir Kannaland en Klein Karoo tydens die Khoi versoening in die Diaz Museum