Versoening en Restourasie




PROPHETIC PHOTO GALLERY

 

EINDTYD PROFETIESE ROEPING VAN EERSTE NASIES
        
ISRAEL EN SUID-AFRIKA

 

Picture
                             DIE VISIE:
               
”En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word." (Gen 12:3)

 Uit Abraham is die Joodse volk gevorm deur wie God Homself wou openbaar. Hy het die nasies van die wêreld in oog gehad. God se plan is nog steeds die seën van nasies en daarom die opdrag dat ons vir die vrede van Jerusalem moet bid. "en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot 'n lof op aarde!" (Jes. 62:7)

ISRAEL AS EERSTE NASIE: Israel se profetiese roeping  om 'n seën vir die nasies te wees en vrede die wêreld in te bring sal  in volheid volbring word  wanneer die Prins van vrede, Jesus Christus, Sy plek op die troon van Dawid inneem. Intussen het ons 'n verantwoordelikheid teenoor Israel. Redding is vanuit die Jode, dit was hulle wat aan ons die evangelie gebring het. Die eerste apostels was Jode en het ten koste van hulle lewens die blye boodskap die wêreld ingeneem. Ons is dus hul skuldenaars - ons skuld hulle ons seëninge en gebede in hierdie moeilike tye wat hulle deurmaak.

"Hulle het dit goedgevind, sê ek, en hulle is ook hul skuldenaars; want as die heidene deel gekry het aan hulle geestelike voorregte, is hulle ook verskuldig om hulle met stoflike goedere te dien." (Rom. 15:27)

Ons opdrag om gebedsreise na Israel te onderneem, om ons Joodse broers (Messiaanse Jode) met stoflike goedere te dien  en saam op Berg Sion die HERE te loof, gaan meebring dat ons 'n seën vir hulle gaan wees en sodoende die seën van Abraham saam met ons sal terugbring na ons gemeenskappe. Het God nie gesê Hy sal seën die wat Israel seën nie?

 DIE AFRIKANER EN DIE BRUINMENSE AS EERSTE-NASIES: "En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;" (Hand. 17:26-27) Ons as Afrikaners, is 'n etniese groep, gebore en gevorm vanuit Afrika bodem. God het ons as unieke volk formeer op die suidpunt  van Afrika, ons het nie 'n koloniale erfenis en land waarheen ons kan 'terugkeer' nie, want die bloed van die nasies vloei deur ons are en ons het deel geword van Afrika.
 
DIE KHOIKHOI: Die Khoi was die eerste nasie in Suidelike Afrika, sowat 2000 jaar voor van Riebeeck se koms hier deur God gevestig. Uit hierdie antieke volk het die Bruinmense ontstaan, direkte afstammelinge van die Khoi in wie se are die bloed van baie nasies ook vloei. Hul profetiese eindtyd roeping is om deur 'n altaar van lof en aanbidding Sy lof  te verkondig  en te bid sodat God ons land kan genees. Die profete stemme proklameer al vir meer as 100 jaar dat herlewing deur die Bruinmense in Suider Afrika sal kom. Dit was geen toevalligheid dat die 1860 Worcester-herlewing tydens die gebed van 'n bruin meisie begin het nie. Dit is in hierdie roeping  waar ons hulle wil dien. Ons missie is om hierdie kosbare volk te help om as eerste-nasie van Suid-Afrika Israel toe te gaan sodat hulle Israel, die eerste-nasie van alle eerste-nasies kan seën en sodoende op die berg Sion geestelike seën en herlewing vir ons land kan gaan haal.

Ons visie is om deur die verkoop van professionele profetiese foto-materiaal fondse te genereer om intersessors uit Bruin gemeenskappe na Jerusalem te neem. Hierdie strategie wat die Heilige Gees ons gegee het, gee jou 'n geleentheid om 'n eindtyd-belegging  in twee  nasies te maak, Israel en Suid-Afrika. In ruil vir jou betrokkenheid ontvang jy seën en  'n geraamde, of  geblokte profetiese foto, wat die Woord van die HERE in jou huis of besigheid proklameer!  GAAN JY HELP, KOM JY SAAM?


                                            24/7 Intersessie op Friemersheim

Picture
Friemersheim, 'n vorige sending stasie van die NG Sending Kerk, en tans onder die geestelike versorging van die VGK is geleë tussen Mosselbaai en Grootbrakrivier. Hierdie rustige plaas gemeenskap tussen die Outeniekwa berge is geestelik aan die opstaan. Onder die leiding van Michael en Karin Mertenton het hier 'n 24/7 intersessie ketting ontstaan en is dan ook die eerste groep Bruin mense wat ons versoek het om hulle Israel toe te neem. Ons beplanning is vir April 2011 tydens Pinkster om op die Tempel berg te gaan aanbid met ons finansiële offers vir God se spesiale volk. Op die foto is van die span wat saamgaan en is hulle tans besig met fondsinsameling. Die toer gaan ongeveer R20 000 per persoon kos en moet daar nog baie water in die see loop voor ons op die groot bedrag van R300 000 sal wees. Hierdie Friemersheimers het egter geloof en is tans besig met kerrie en rys verkope om hul paspoorte gereed te kry.

Friemersheim wat oorspronklik Gonnakraal genoem was, het 'n ryke geskiedenis terug gedateer na die slawe tydperk van die 1800's. Hannah van Gonnakraal, was een van die bekendes wat slawe aangehou het. Die huis staan nog steeds en word deur Ant Millie bewoon waar sy die heerlikste konfyte kook. In hierdie huis het ons 'n versoening byeenkoms saam met lede van die gemeenskap gehou en kon ons die hartseer van die verlede uitvee.

Slawe huis op Gonnakraal en Intersessors tydens 'n week van gebed in Friemersheim

 
WYSE VAN BESTELLING:  Per e-pos [email protected]  Bestellings sluit nie posgeld in nie, sal deur koper betaal word.   

Foto's gedruk op duursame PVC - pryse:

A1 Geraam: R1600
Ongeraam:   R1150 
 
A2 Geraam: R1400
Ongeraam:   R1100

A1 Geblok:  R1300
A2 Geblok:  R1200

Prophetic Photo Album 1

Picture



















Boot van PetroSA in die Mosselbaai Hawe

Prophetic Photo Album 2

Picture


















Reënboog oor Mosselbaai Hawe Suid-Afrika

Prophetic Photo Album 3

Picture


















Jode bid tydens die Loof hutte Fees by die Westelike Muur - die enigste oorblywende muur
van die Joodse Tempel op die Tempelberg in Jerusalem  

Prophetic Photo Album 4

Picture


















Skoolkinders by die Morawiese Sending Witte Water

Prophetic Photo Album 5

Picture




















Kruis en maan by die Punt op Mosselbaai Suid-Afrika

Prophetic Photo Album 6

Picture


















Volmaan oor Mosselbaai Suid-Afrika

Prophetic Photo Album 7

Picture


















Dadel bome Pella Namakwaland Suid-Afrika

Prophetic Photo Album 8

Picture


















Skape opgepas deur 'n skaap hond Wuperthal in die Sederberge Namakwaland Suid-Afrika

Prophetic Photo Album 9

Picture


















Wolke en berg see uitsig Die Punt Mosselbaai Suid-Afrika

Prophetic Photo Album 10

Picture


















Sonsondergang Strandfontein Namakwaland Suid-Afrika

Prophetic Photo Album 11

Picture
Olyf Berg Jerusalem

Prophetic Photo Album 12

Picture


















Die tuin waarin Jesus na die kruisiging neergelê was

Prophetic Photo Album 13

Picture


















Reënboog en wolke oor Mosselbaai Suid-Afrika

Prophetic Photo Album 14

Picture


















Sin woestyn in Israel. Die woestyn waardeur Moses die volk na die Beloofde Land gelei het.

Prophetic Photo Album 15

Picture




















Attakwas Berge Mosselbaai

Prophetic Photo Album 16

Picture


















Jonkersberg sneeu Mosselbaai Suid-Afrika

Prphetic Photo Album 17

Picture


















Die Attakwas Berge Mosselbaai Suid-Afrika

Prophetic Photo Album 18

Picture


















Shofar word geblaas op Cradock Peak 1597mbs George Suid-Afrika

Prophetic Photo Album 20

Picture


















Boot in Mosselbaai Hawe en Outeniekwa Berge in agtergrond

Prophetic Photo Album 21

Picture





















Jurie se berg Attakwas berge Mosselbaai

Prophetic Photo Album 22

Picture
Oopgebarste granaat. Foto geneem in die Shuk - vars produkte mark Jerusalem

Al hierdie foto's is deur my persoonlik geneem en mag op geen manier gedupliseer word nie.  [email protected] Tel/Faks 044 692 0547 / 0847072507