Versoening en Restourasie

VERSOENING HERBERTSDALE

 

                                                        DIE BLARE WAT GOD ONS GEGEE HET

                                                                                 
Ons sit in die huis van oom Stompie Cupido en luister hoe hierdie 68 jarige inwoner van Herbertsdale die lewe hier beskryf. Om die bloedige hitte draagliker te maak, dra sy vrou Hester, waatlemoen en roomys aan vir ’n lafenis. Ja, verduidelik hy, die aalwyn blaar het God vir hulle gegee sodat hulle kan lewe, want dit is vanuit die opbrengs van hierdie geharde woestyn plant dat die meeste mense van Herbertsdale in die sweet van hul aangesig brood op hul tafels het. 

 Oom Stompie, hier gebore en grootgeword, het vir 38 jaar vir een boer op sy plaas gewerk en kan jy die trots in sy stem hoor as hy praat oor vertroue en die bestuur van die plaas. Hy het daardie plaas bestuur asof dit sy eie was. Van skaap skeer en wol klassifisering kan mens hierdie boorling niks vertel nie. Van kleintyd af was dit sy werk, terwyl hy so tussen alles in aalwyn blare gesny het. Dit was die reuk van die Aloe ferox in die kookproses, wat hom vasgevang en betower het, maar ook die vryheid van die veldlewe wat hom tot vandag op hierdie hoë ouderdom berg en dal laat uitklouter agter hierdie gesogte medisinale produk aan.

 Sy liefde vir die veld en natuur het hy van sy Khoikhoi voorouers ge-erf. Hulle was manne van manne, (dit is wat Khoikhoi beteken) wat as nomadiese veeboere vreedsaam rondgetrek het agter beter weiding vir hul kuddes aan. Tweeduisend jaar gelede het die Khoi vanaf die bo punt van Afrika afbeweeg en hulle hier aan die Suid-punt kom vestig. Dit is waar Jan van Riebeeck hulle ook kom vind het. Met die invoer van slawe na die Kaap het die karakter en kultuur van die Khoi onherroeplik verander. Na die pokke epidemie waartydens slegs een uit tien van hulle dit oorleef het, moes die oorblywendes skuiling soek op plase en sendingstasies en so het hulle hul identiteit verloor.


Herbertsdale was een van hierdie sendingstasies wat ontstaan het as gevolg van die geestelike nood waarin die Khoi verkeer het. Hierdie vorige 2090 morg “leen plaas” Hemelrood, was op 20 Junie 1816 deur die Britse Goewerneur van die Kaap, aan Gerrit Uwes toegeken. Na sy afsterwe is hierdie plaas in verskeie dele verdeel en het die sendeling James Benton Herbert van die Berlin Missionary Society 1/8ste hiervan gekry. Die dorpie is dan ook na hom vernoem. Gedurende 1862 koop die NG Kerk van Mosselbaai ’n gedeelte van hierdie plaas van Herbert en deel die grond vêrder op en verkoop dit aan verskeie inwoners. 

 Herbertsdale het dus sy ontstaan as sendingstasie gehad met die bruin mense as fokus. Vandag is daar verskeie kerke betrokke in die bruin gemeenskap wat kan getuig van hul ontstaan vanuit sending geledere. Die dorpie se oorsprong lê in die Duitsers se omgee vir die bruin inwoners van hierdie deel van die Suid-Kaap. Die Lutherse Kerk het by die Berlyn Mission oorgeneem en is die mooi kerkie in die midde dorp ’n stille getuienis van die sending ywer van Herbert en sy kollegas.

 

                                                       ’n VERSOENINGS DAG HET PLAAS GEVIND

Herbertsdale met sy ryke sending agtergrond en ontstaan wortels diep in versoening, het nie net mooi om te onthou nie. Daar is ook die hartseer van mishandeling en verwerping deur die destydse regeerders. Die hartseer lê vêr terug in die eerste kennismaking tussen van Riebeeck en die Khoikhoi. Ook in die jare na Herbert se heengaan, waar die dorpie deur die Herbertsdale Management Board bestuur was, lê die opdeel en verwydering van huisgesinne vanuit die midde dorp nog vars in die gemoed van vele inwoners. 

Sondag 22 Februarie 2009 om 10h00 het die gemeenskap van Herbertsdale op die Laerskool gronde byeengekom om met die verlede te versoen. Die meeste kerke het hul dienste na die skoolterrein verskuif vir ’n gesamentlike versoenings byeenkoms. Tydens hierdie byeenkoms het die Uitvoerende Burgemeester van Mosselbaai Raadsdame Marie Ferreira, wat weens ander verpligtin nie persoonlik teenwoordig kon wees nie, per openbare brief haar deel van die belydenis gedoen. Paulus het dit dan ook so aan die teenwoordigers voorgelees. Die Uitvoerende Onder Burgemeester, Raadslid Harry Levendal het gedurende sy inset gesê vergifnis is onvoorwaardelik, maar het nogtans 'n pleidooi gelewe vir Bybelse restitusie. Die LP vir Klein-Karoo en Kannaland Sydney Opperman was die programleier, terwyl The Dream Centre van George die bekroonde musiek blyspel “//îb koasa kare re - Ons Sal Sy Lof Verkondig,”  opvoer het. Retha Venter se boek, “God se Eindtyd Profetiese Plan vir die Bruin mense van Suider-Afrika,” was tydens die geleentheid bekend gestel. Hierdie was nie ’n politieke byeenkoms nie, maar gereël deur Mosselbaai Huis van Gebed vir die Nasies, met die uitsluitlike doel om ’n verdeelde gemeenskap met mekaar te versoen. Die gemeenskap van Herbertsdale het 'n wonderlike tyd van genesing en versoening gehad en sal ons nog die vrug hiervan in baie lewens sien.

Hierdie was so besonders dat Pastoor Wilbro Cupido en sy gemeente, op wie se skouers die koördinering van die byeenkoms gerus het, dadelik met 'n 24/7 gebedsketting begin het. Hulle dek tans 17 van die 24 ure en getuig hulle van groot seën in hul gemeente. Mense van Herbertsdale praat onder mekaar van die groot geestelike dinge wat daar aan die gebeur is. Hierdie is waarlik 'n fontein van lewende waters wat oopgegaan het. Die saad wat die sendelinge van toentertyd daar gesaai het, is aan die oopbreek.  



OOM STOMPIE (Theofilus) CUPIDO

 


 

 

Mnr. Harry Levendal onderburgemeester van Mosselbaai tydens die versoening op Herbertsdale, en Retha Venter, skrywer van die boek: "God se Eindtyd Profetiese Plan vir die Bruinmense van Suider-Afrika"




 

 

 

 

 

Gaste in aanbidding tydens die versoening op Herbertsdale


 

 

 

 

 

Johann Ferreira se Intercape Busdiens wat die groep "The Dream Centre" na Herbertsdale vervoer het. Die Liggaam van Jesus Christus in werking!

 

 


 

 

 

 

"The Dream Centre" span in aksie, steek profeties die gebedsvlam aan!

 


 

 

 

 

Patoor Wilbro Cupido en die aanbiddingspan lei in die Gees van versoening die gaste in lofprysing en aanbidding

 






UITVOERENDE BURGEMEESTER • MOSSELBAAI EXECUTIVE MAYOR • MOSSEL BAY OYINTLOKO KASODOLOPHU • MOSSEL BAYI

 Marshstraal101                                Privaatsak'X29       Mosselbaai 6500                            Tel. (044) 606 5138            Faks: (044) 691 0404

                                         101 Marsh Street                           Private Bag X29       Mossel Bay 6500                            Tel. (044) 606 5138            Fax: (044) 6910404

                                         101 Marsh Sitalato          Ingxowa Yeposi NGU X29      Mossel Bayi 6500                           Imfonomfono (044) 606 5138              Ifeksi: (044) 691 0404

e-pos/e-mail: [email protected]

SONDAG, 22 FEBRUARIE 2009

Hiermee teken ek met opregte spyt verskoning aan dat ek nie persoonlik teenwoordigkanWees nie. In die gees is ek egter voluit saam met u almal vandag. My oudste kleinkind vier egter hierdie naweek sy mondigwording in Port Elizabeth en moes hierdie ouma die baie moeilike keuse maak .......... .

Ek is innig dankbaar teenoor tins groot Skepper dat daar nou by mense die behoefte ontstaan om te deel in versoeningsaksies tussen mense met verskillende kulture en agtergronde. Is dit nie "n absolute genade dat ons uiteindelik, na soveel jare en juis in h:erdie bepaalde tyd, bymekaar kan kom en die au wonde kan laat heel nie? Ek is so bly dat ek in die gees vandag weereens hierin kan deel.

Daar is met verloop van baie jare sulke diep wonde geslaan in ons land! Daar was soveel vernedering, verdrukking en verwoesting van menselewens.

Daar was vir so lank 'n "baas-klaas" kultuur onder mede-Afrikaners en in die proses is geslagte families se lewens onnatuurlik en negatief beinvloed hierdeur.

Daar was vir so lank net sy- of agterdeure oop by openbare geboue, kerke, skole, hospitale, ens. vir gekleurde mensel! Geietterdes is beswaar!ik toegelaat by opvoedings instansies - pragtige kinders van God moes na aparte kerke gaan vir aanbiddingsdoeleindes. Sportfasi/iteite was nie tot hul beskikking nie ........Hulle was uitgesluit van openbare kultuurgeleenthede, van die landsregering en aile openbare organisasies se besture.

Trouens hulle is beskou as rninderwaardige en agterlike landsburgers!! - soveel so dat hul/e nie eens stemreg gehad het nie!

Ek wil vandag hulde brine aan die enkelinge wat reGgekry he'C am uit te styg bo hierdie verdrukking en tog vir hulself sinvo!le lewens kon bewerkstellig!! Maar helaas hulle was die handjievol gelukkiges ........
Gun my vandag die geleentheid om as blanke Suid-Afrikaner wat op In Karooplaas grootgeword het, die geleentheid om te sê EK IS JAMMER!" 


Ek is jammer oor al die verskriklike verdrukking, vernedering en verwoesting wat deur die toedoen van my mense veroorsaak is in ons mooi land. Jammer oor die baie ellende en onmenswaardige toestande waartoe dit gelei het.


Jammer oor al die agterstand en gepaardgaande slegte lewensomstandighede wat dit veroorsaak het.

Jammer dat ons oor jare heen alleen die vis gevang en na goeddunke uitgedeel het, in plaas daarvan om almal te leer visvang.

Voor ons Skeppergod staan ek vanmore voor u in skulderkenning en pleit ek vir vergifnis by God, maar veral voor al die verontregtes, vir aanvaarding van my skuldbelydenis en vir vergifnis.

Mag Jesus aan ons almal die genade skenk om te kan vergewe vir al die jare se bitterheid en haat en vergeldingsaksies en die pyn waartoe dit gelei het vir so baie mense!

Mag Hy ons lei tot ware versoening en ons begelei op In nuwe gesamentlike pad waar ons mekaar respekteer vir ons verskeidenheid, verskillende taalvoorkeure, kerkverbande, kultuur verbintenisse en saam in aanbidding voor Hom kan verskyn.

Want ons is almal gelyk voor God omdat ons almal Sy skepsels is!! In ons Hemelse woning sal selfs bogenoemde verskille verdwyn en salons net almal onbevange kan deel in hemelsvreugde.

Dus, mag God u die genade skenk om te kan vergewe en mag Hy ons almal bring by waters waar daar rus is in ons mooi dorp - as begenadigdes, gelowiges, SAAM OP PAD na 'n BETER TOEKOMS.

MARIE FERREIRA UITVOERENDE BURGEMEESTER 

 

 

 

 

NEDERDUITS GEREFORMEERDE GEMEENTE HERBERTSDALE 

 Posbus 86 HERBERTSDALE 6505                                                                                                   Tel/Faks: 044651 1693
19 Februarie 2009

Die Organiseerders

Versoeningsdag geleentheid Herbertsdale


Aan wie dit mag aangaan 

Ek verwys na u besoek aan ds Frikkie Eistadt op 7 Februarie 2009 waartydens 'n uitnodiging aan die NG Kerk gerig is vir bywoning van die Versoeningsdag geleentheid op die rugbyveld te Herbertsdale op 22 F ebruarie 2009.

Die kerkraad wil hiermee sy dank teenoor die organiseerders betuig vir die uitnodiging. Die geleentheid en uitnodiging tot bywoning is vir twee Sondae tydens eredienste by ons aan die gemeentelede bekend gemaak.

Ons gemeente het egter op 22 Februarie 2009 'n baie vol program met die besoek van 'n jeugprediker asook 'n besoek van kinders van die Herberg Kinderhuis op Robertsen met 'n ete na afloop van die erediens. Ons laerskoolkinders se kamp wat vanaf 20 Februarie plaasvind, word ook by hierdie geleenheid afgesluit met 'n jeugdiens. Heelwat van ons gemeentelede is by die dag se program betrokke wat sal meebring dat daar nie so baie van ons gemeentelede die Versoeningsdag geleentheid sal kan bywoon nie.

Die kerkraad wil egter hiermee bevestig dat die gedagte van uitreik en versoening ondersteun word.

Enige navrae kan gerig word aan ds Eistadt.

Die uwe

 

F ELSTADT (ds)                                                                                                             T VAN RENSBURG


                                                                                                                                        Hoof Ouderling